Die ghaaisa is ‘n besondere energieke en ritmiese kaalvoetspring- of klopdans in die kultuurlewe van die Khoikhoi.
Een of meer dansers voer dit uit, dikwels na sukses op die jagveld en gewoonlik sonder musiekbegeleiding.
No licensed photograph yet
Four in five rooms open without one. Add a photograph with a declared licence and your credit sits under it, permanently.
Die ghaaisa is ‘n besondere energieke en ritmiese kaalvoetspring- of klopdans in die kultuurlewe van die Khoikhoi.
Een of meer dansers voer dit uit, dikwels na sukses op die jagveld en gewoonlik sonder musiekbegeleiding. ‘n Kenmerk van die volksdans is die klap van die hande op die heupe, boude en dye en die stamp van die voete teen die kuite en hakskene. Die groot uitdaging met die trap is om die voete altyd in dieselfde spoor te laat grondvat, sodat daar deur die hele dans net twee spore gelaat word. Dikwels vind die dansery rondom ‘n vuur plaas. Hierdie dans verskil ritmies heeltemal van die vrugbaarheidsdanse in die kultuur van die ander inheemse volkere van Suider-Afrika. 1
Lees ook
Rieldans 1
Bibliografie
Greeff, Rachelle: Die leefwyse van ons Vroeë Mense. Stellenbosch: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, 2025. ISBN 978-0-6398747-9-1 1
The text above is adapted from the Wikipedia article “Ghaaisa”, available under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 4.0 licence. 1
Ghaaisa is recorded in open cultural data. The structured record cited below does not describe the practice, and this entry has not yet been reviewed by a person familiar with the tradition. 2